Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 24, 2014, 03:14:59 PM
		
			
			- 
				'n Koue staalgrys gesig
 stuur 'n ontstuimige boodskap uitdagend terug
 saamgepersde pers-blou wolke
 afwisselend met donderslae van veraf bewus
 
 'n rustelose gejaagdheid
 vind voetgangers   motors
 almal skielik oppad
 huis toe   skuiling soek
 ongeduld
 niemand wil wag
 
 bome skud gretig hul laaste winteroorblyfsels af
 wind      'n haastige ongedierte
 vermeng stof     blaar     pers jakarandas
 in genadelose slierte
 slingerend in hulpelose figure
 
 strate se advertensie naamborde
 staan sterk teenoor bouperseelhyskrane
 vorm 'n aksentuasie van die onweers-grynslag
 
 die spruit-kroteske Wilgers
 swaar in somervrag
 word onverskillig
 heen en weer geslinger
 
 eerste oorywerige druppels
 plons     gretig neer
 donderslae     blitse
 meng in harmonie-simfonie
 
 die eerste somerreën
 wat 'n welkome gesig!
 
 
 
 
- 
				Elsabe jou skryfstyl is vir my mooi. Anders as wat ek in 'n lang tyd raakgelees het. So ook hierdie gedig. 
			
- 
				Ek geniet die "witspasies" - tipografiese wit -  wat jy gebruik.
			
- 
				voorspel tot die groot reën in die stad ... mooi.