Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 23, 2014, 03:57:01 PM

Title: 'n Vonds geheim
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 23, 2014, 03:57:01 PM
Die mens soek iets
   kosbaar   jaag   skarrel
'n wêreld broos   korrup   vervals
maklik vernietig   word platgevee
helaas plastiek   oneg
van seën gestroop.

die mens soek iets
   feilloos   spesifiek
'n geheim   kom ontdek
swanger oomblikke in sekondes gestol
nestel so saggies teen jou lyf
jou hart se oë wawyd oop   begryp
uitgelate vreugde   ek wil net
'n happie daarvan
vir ander afbyt.

geheim in eenvoud
   ken jy
'n sonsopkoms-stappie in verwondering
eerste sonstrale wat jou welkom groet
namiddag herfs hartlikheid   herinnering
die goue-uur-dagsê
'n vetlyf akkedis
wat 'n warm klip uitsoek
duiwe in gelid
wat rustig   ongeërg
oor die teerpad stap
'n Hadida   sy mond gesnoer
talm skeefnek
in stilte beloer

hier   nou
spesiale oomblikke   wil jy graag besit
met God se oog in jou blik
omgord   pantser jou menswees
in eenvoud
hierdie horlosie het weer begin tik.
Title: Re: 'n Vonds geheim
Post by: Fransi on June 24, 2014, 08:41:52 AM
Mooi geskryf.
Title: Re: 'n Vonds geheim
Post by: Ans Botha on June 24, 2014, 08:49:26 AM
Jy mag maar. Dit is pragtig.
Title: Re: 'n Vonds geheim
Post by: PM on July 06, 2014, 10:43:44 AM
Goed gedoen Elsabe.