Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on June 22, 2014, 09:26:51 PM

Title: ligkroon
Post by: Fransi on June 22, 2014, 09:26:51 PM
vanaand orakel die maan

‘n katedraal van gekapte rots
wat die son deur loodglaswolke
skyn in ligbreking
rondgee

koraalrif-langs
volg ek springgety
en die afsaksel van atmosfeer
na haar baldakyn

om in heilige mis
irisering aan te steek

Title: Re: Ligkroon
Post by: adele on June 23, 2014, 08:33:11 PM
hoe meer ek jou woorde lees, hoe meer hou ek daarvan.   :love7:
Title: Re: Ligkroon
Post by: Fransi on June 24, 2014, 08:43:37 AM
Baie dankie.  :love7:
Title: Re: Ligkroon
Post by: PM on July 06, 2014, 10:12:19 AM
Soos gewoonlik is jou skryfwerk vol beelde Fransi en altyd 'n uitdaging vir my.  Pragtig geskryf!

Baldakyn:  Mooi Afrikaanse woord vir die "canopy" van veral 'n troon of hemelbed.

Irisering - Iridescence
Iridescence is the property of certain surfaces that appear to change colour as the angle of view or the angle of illumination changes. Examples of iridescence include soap bubbles, butterfly wings and sea shells, as well as certain minerals.
Title: Re: Ligkroon
Post by: Fransi on July 28, 2014, 08:30:31 AM
Dankie PM.  :love7: