Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 18, 2014, 02:50:56 PM

Title: 'n Oomblik se vrede
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 18, 2014, 02:50:56 PM
Die mens soek
Code: [Select]
iets
jaag
Code: [Select]
skarrel
'n wêreld so broos
Code: [Select]
vernietigbaar
stort ineen
korrup
Code: [Select]
vals
helaas
Code: [Select]
plastiek en oneg
sonder seën.

die geheim
Code: [Select]
kom ontdek
ekstase
Code: [Select]
vervoering
'n oomblik se geniet
so perfek.

die horlosie kom enkele sekondes vries
'n betowering
swanger
Code: [Select]
rustende kalmte
kom nestel saggies teen jou lyf.

neem dit in
met die vensters van jou hart begryp
die wil om 'n uitgelate vreugde
Code: [Select]
dankbaar
net 'n porsie daarvan vir ander
af te byt.

Ken jy diep asemteue vars lug
'n sonsopkoms-stappie
eerste strale wat jou welkom groet
middagstilte wat kom halt roep.

namiddag vriendelikheid
wat jou buite die kantoor vergoed
'n vet blinklyf akkedis
wat vir hom 'n warm klip uitsoek.

duiwe in gelid
wat rustig op die teerpad stap
ongeërg
Code: [Select]
geen dreigende gevaar.

'n Hadida
Code: [Select]
mond gesnoer
talm skeefnek
Code: [Select]
die stilte beloer
vladderbekkies wat rustig eet
geen onrus
Code: [Select]
geen aksie gewaar.

Hier
Code: [Select]
nou
'n spesiale oomblik
Code: [Select]
besit
met God se oog in jou blik
omgord
Code: [Select]
gepantser
hartsvensters
Code: [Select]
van geluk
open in eenvoud hierdie horlosie
wat weer begin tik.

Title: Re: 'n Oomblik se vrede
Post by: Ans Botha on June 19, 2014, 10:04:28 AM
Iets heeltemal anders. Maar ek hou hiervan.
Title: Re: 'n Oomblik se vrede
Post by: PM on June 20, 2014, 09:01:12 AM
Goed, laat ek sien.  Die tipografiese wit bestaan uit drie of vyf spasies, dan lyk dit so:

In die verte     die skimme     fataal.