Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 18, 2014, 02:50:56 PM
-
Die mens soek
iets
jaagskarrel
'n wêreld so broos vernietigbaar
stort ineen
korrupvals
helaasplastiek en oneg
sonder seën.
die geheimkom ontdek
ekstasevervoering
'n oomblik se geniet
so perfek.
die horlosie kom enkele sekondes vries
'n betowering
swangerrustende kalmte
kom nestel saggies teen jou lyf.
neem dit in
met die vensters van jou hart begryp
die wil om 'n uitgelate vreugdedankbaar
net 'n porsie daarvan vir ander
af te byt.
Ken jy diep asemteue vars lug
'n sonsopkoms-stappie
eerste strale wat jou welkom groet
middagstilte wat kom halt roep.
namiddag vriendelikheid
wat jou buite die kantoor vergoed
'n vet blinklyf akkedis
wat vir hom 'n warm klip uitsoek.
duiwe in gelid
wat rustig op die teerpad stap
ongeërggeen dreigende gevaar.
'n Hadidamond gesnoer
talm skeefnekdie stilte beloer
vladderbekkies wat rustig eet
geen onrusgeen aksie gewaar.
Hiernou
'n spesiale oomblikbesit
met God se oog in jou blik
omgordgepantser
hartsvenstersvan geluk
open in eenvoud hierdie horlosie
wat weer begin tik.
-
Iets heeltemal anders. Maar ek hou hiervan.
-
Goed, laat ek sien. Die tipografiese wit bestaan uit drie of vyf spasies, dan lyk dit so:
In die verte die skimme fataal.