Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 12, 2014, 12:44:02 PM
-
'n Groteske begrip,
so omvattend -- globaal!
Sommige verstaan dit nie,
die wêreld mors daarmee,
jy sal dit dáár nie vind.
Verdraai, verwrong,
'n sak-pas, wanneer die geleentheid kom.
Dit word goedkoop misbruik wederom.
Waar dan die taal van Liefde?
Menige het dit suksesvol ontdek,
Selfs wreed misgis,
met 'n duur lewensles, afgeëts.
Waar sal ons dit gaan haal?
Hierdie snaakse taal?
Wie sal ons leer,
van hierdie ongekende verhaal?
Niemand kan sonder dit bestaan.
Die natuur vertel ons so veel daarvan.
So talryk van mikroskopies klein,
tog indrukwekkend, imposant,
so ragfyn.
Dit is so mooi,
sag, vroulik, vol ervaring, emosie, in verhoudings.
Selfs met aandoening,
kom in reënboogkleur,
sonder verandering.
Dit gee lewe, gevoel, plesier,
Laat 'n ekstase, selfs verwondering,
word gevoed en vertroetel,
sal nooit vergaan.
Bring die jonkheid na vore,
laat bejaardheid,
in vertraagde jare besin.
Dit laat musiek-akkoorde,
in harmonie saamvloei.
Verhoudings weer opnuut in vooruitgang bloei!
Wie is die Outeur hiervan?
Met die Kruis gedefinieer,
om ons deur Sy voorbeeld te leer.
Onselfsugtig, Opofferend,
verpant!
Alles geskep,
in, een Groot Vaderhand!
Hierdie geborgenheid,
'n besitting, is Moontlik, selfs Vrygewig.
Verseker, 'n voorskrif en bloudruk,
Die Grootste van alles --
Liefde Onwankelbaar.
-
Ek het hierdie gedig regtig geniet. Baie goed gedoen Elsabe.
-
Baie mooi gedig Elsabe. Ek hou hiervan.
-
Die leestekens lyk nou reg vir my. :hello2: