Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 12, 2014, 11:34:47 AM

Title: 7de DAG RUS
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 12, 2014, 11:34:47 AM
Sondagoggend-stilte,
'n gewaarwording met vrede geken.
Deur ons Vader ingestel,
dit heers in rustigheid.
Rondom jou aarsel die teenwoordigheid,
In mildadige saamwees onthul.

Tyd is eenkant geskuif,
'n innige wete van God se Gees.
Die windjie bring 'n rustige koeligheid,
wat piep-klein voëltjies skertsend aanhits.
'n hele netwerk-bedrywigheid,
in klein en groot welskape.
'n Vonds van voedsel ontdekking met waarde.

Wolke sleur lossies hier en daar.
Kleur die blou lug met hul Genade.
Koerende duiwe,
Sorg vir 'n rusdag-melodie.
Die verkeerbedrywigheid,
wat in die agtergrond gluur!

Die Sewende dag -- 'n broodnodige sielsinaseming,
Die Alwyse het geweet,
Sonder rus, is die mens so broos,
swig maklik in die wêreld-gesig.

Title: Re: 7de DAG RUS
Post by: PM on June 13, 2014, 08:54:33 AM
Ek hou van jou skryfstyl Elsabe.

Hier is 'n skakel waar jy kan gaan kers opsteek met leestekens in poësie.
Ek dink ons het almal daar gedraai.   :icon_biggrin:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1580.0
Title: Re: 7de DAG RUS
Post by: Ans Botha on June 17, 2014, 09:40:45 AM
Stem saam met PM Elsabe. Mooi geskryf
Title: Re: 7de DAG RUS
Post by: PM on June 20, 2014, 08:56:11 AM
Hier kort die leestekens nog 'n bietjie aandag.