Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 12, 2014, 11:30:27 AM
-
In oorvloed pers blommeprag
wil U ons kom bederf vandag
Ruimskoots skenk U dit
wat 'n ontvanklike prentjiegesig!
'n Uitbundige, rojale mededeelsaamheid,
natuurprag, kopieer, imposant, in seisoen uitgebeeld.
Dit baljaar, indringend,
bring vryheid, blydskap in jou gees versoen
Jakkarandas sluit in dak-koepels opwaarts
en daal benede, onderdanig, 'n plavei-weelde Trofee
Sinoniem met Eksamentyd
verg rekenskap, harde werk, kennis, fokus
sonder laatnag jolyt
Dit bring herinnering om die mooi met geliefdes te deel
Wanneer bepeinsing leemtes wil vul
ontwikkel 'n nuttiger wenk
ontvang hierdie seldsame bewuswording
van 'n Hemelse Oktobermaand-geskenk
-
Pragtig geskryf Elsabe.
Hier is 'n wenk waarvan jy dalk sal hou.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=645.0
-
Mooi geskryf Elsabe. Hou hiervan.
-
Die leestekens lyk nou vir my reg Elsabe. Ek wil nog weet hoekom jy twee koppeltekens gebruik.