Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on March 24, 2014, 08:33:50 AM
-
hoop is ‘n wit skoenlapper,
dit vlieg
onverwags vanuit ‘n malvabos
wanneer ek ons tuin natlei
Januarie se dreunende ligte
dryf kortstondig
soos Japanese lanterns in die lug –
uit ons vogtige hande
bars grasveldwitjies
wat om die somer swerm.
hoop is ‘n seisoen,
ons offer dit soos saad
ons vou die vlerke na binne
die grond word kokon
waaroor die winter ryp –
so sterf ons jaargety(d)e.
uitgelarwe
pluk ons witgatbome skoon
om enig
in ewige vlug
te berus
-
en ek en julle
pluk witgatbome skoon
om rooi en nakend,
enig in ewige vlug
te berus.
Soos altyd stel jy nie teleur nie Fransi! :icon_salut:
-
Dankie PM. :-)