Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on February 28, 2014, 07:09:28 PM

Title: Week end en Month end...
Post by: Angelica on February 28, 2014, 07:09:28 PM
Hoeveel sterftes en hospitaal-gevalle weer vanaand en verder oor die naweek?
Hoeveel tronk toe vir dronk bestuur?
Hoeveel huisgesinne en families wat sal treur oor een sot wat nie hom- / haarself kon beteuel as dit kom by verby die toegelate perk?
En dit is elke naweek my vrees as ek of die kinders ons paaie moet gebruik.
Maar die lewe kan nie naweke tot stilstand kom omdat 'n dronkie dalk oor 'n rooi lig sal ry...

Wees veilig.
Title: Re: Week end en Month end...
Post by: PM on March 19, 2014, 06:52:57 AM
Dit is nie net die drank op die paaie wat lewens vernietig nie.  Drankmisbruik het al soveel droefheid veroorsaak!

Iets wat my ook dwars in die krop steek is wanneer iemand sĂȘ nee dankie en die "vriende" respekteer dit nie.  Nog 'n "loopdop" en dan nog een en dan moeilikheid!