wie weet waar liefde se paaie loop
lewe sy draaie maak
geluk sy weg vind
hartseer sy kepe laat
wie weet hoe liefde werk
sy spore in jou hart laat lê
jou maag laat draai
wanneer oë blink in joune verdwaal
wie weet hoe geluk sy pad gebaan het
tussen liefde hoop en vrede
jou op wolke laat sweef
in ekstase laat jubel en lag
wie weet hoe diep hartseer kom lê
sy kepe soos watervore in jou hart agterlaat
jou kneë laat knak
met smeking in jou oë hom agterna staar
wie weet waar die lewe jou neem
met sy wrede verwoestingstorms
laat hy jou eensaam en alleen agter
in dorre hartseer woestyn
© ANS BOTHA
Ohw... dis mooi.
Dankie Angelica ek waardeer opreg jou kommentaar en saamlees
Die is werklik 'n pragtige gedig Ans. :hello2: :icon_salut:
Dankie vriendin. Ek waardeer