Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on June 13, 2011, 05:20:07 PM

Title: Als-in-een droomman
Post by: Gawelina on June 13, 2011, 05:20:07 PM
As die lewensstorms
woedend om my maal en draai,
is jy my vuurtoringlig,
my reddingsboei
teen rotse, stroom en wind?

As die stukkies van my hart
soos glasskerwe om my lĂȘ,
is jy my superglue,
my handyman
wat als weer reg kan maak?

As vreugde deur my are bruis
en lag in my keel opstoot,
is jy my bondgenoot,
my rondomtaliedraai
wat saam in my blydskap deel?

As liefde aan my hart kom klop
en ek bang in my hoekie sit,
is jy die een wat eerste
hand uitsteek?
Of draai jy eerder weg?

Is jy my als-in-een,
Droomliefman?
Is jy?
Title: Re: Als-in-een droomman
Post by: PM on June 13, 2011, 05:39:17 PM
Dit is baie mooi hoor!  Jy is witwarm!
Title: Re: Als-in-een droomman
Post by: Trapsoetjie on July 07, 2011, 10:53:02 AM
Ek hou van die "?". So asof jy jouself probeer oortuig of nie helemaal seker is "hy" stem saam nie.
 :angel12:
Title: Re: Als-in-een droomman
Post by: bloubefoeterd on July 16, 2011, 09:36:48 PM
Gawelienkie! Mooi so!
Title: Re: Als-in-een droomman
Post by: Meraai vannie Baai on July 29, 2011, 06:17:23 AM
So baie van Gawie se lyne is vir elke vrou wat iemand liefhet, geskryf. Nooi jy weet hoeveel keer ek al vir jou genoem het dat ek wat sou wou gee om sulke verse vir my Outoppie te kon skryf, intussen steek ons die opsitkersie aan met jou lyne. Dankie vir die voorreg!!! Doet voort groot sebiefie  :love7: :notworthy: