Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on December 02, 2013, 12:24:34 PM
-
Ons het mos maar almal ons eie styl en manier van kosmaak, maar het jy 'n bestanddeel waarsonder jy nie kan en wil kook nie?
Kom gesels saam en deel jou wenke/resepte.
Kom ons praat GEHEIME BESTANDDEEL :toothy4:
-
No I do not have anything specific, no special herb or spice and neither do I cook from a recipe
-
Jy laat my nou lag. Gister maak ek 'n pakkie vleis oop, dit lyk soos "steak", op die pakkie seg hulle dit is "steak BBQ marinated" en ek maak die pan goed warm en plaas dit daarin. Dit trek onmiddellik 'n wit "melk" en ek krap my kop.
Na 'n halfuur is die vleis sag en ek gooi 'n paar aartappelblokkies daarin. Kook dit tot sag en bedien dit.
Almal is gaande oor hierdie gereg en wil net weet hoe het ek dit gedoen.
"Dit is my geheim!" :toothy4: "Eintlik die slagter s'n, maar los dit maar daar." :angel7:
Ek deel graag lekker resepte en het nie geheime bestanddele nie.
-
:hello:
Die twee kruie in my tuin wat ek soms gebruik is 'sage' en 'sweet basil'. Ek hou ook van suurlemoensap op die slaaie wat ek maak, maar ek is beslis nie 'n bobaaskok met geheime bestanddele nie. :-)
-
Ek moet net bysĂȘ. Ek mis "nutmeg" as ek blomkool kook. Dit is darem 'n baie beskeie krui, of is dit nou 'n spesery?
-
when I do cauliflower, I simmer the cauliflower in a tomato/onion/garlic sauce to which I have added cinnamon but I suspect that nutmeg would give more or less a similar flavour to the dish
-
:toothy4: Pm, wat is dit wat jy gemaak het? Ek is bly almal het dit geniet.
Ek sal se my geheime bestanddeel deesdae is cardamon. Dis heerlik in enige dis. Ons koop die in die doppie en maak hom fyn in die 'pestle and mortal'.
Kerries, ribbetjies, enige vleis en selfs tee!
-
i suspect you actually refer to mortar and pestle, an item not so easy to find these days, the good ones anyway
-
:color: Yip jammer, jy is reg, dit is eintlik mortar and pestle. Ek het gaan soek vir die Afrikaanse woord maar kon dit nie kry nie. Die enigste plek waar ons een kon kry was in Laudium by 'n Indiese spesery winkel. Hulle gebruik dit mos elke dag.
-
die afrikaans is vysel en stamper
-
Ek het myne sommer op Bid or Buy gekoop.
-
Wanneer ek boompies (blomkool) maak kook ek dit net liggies op tot amper sag. Dan maak ek 'n witsous met 'n koppie gerasperde kaas daarin, gooi dit oor die blomkool en strooi nog 'n koppie gerasperde kaas bo-oor en braai dit onder die rooster totdat die kaas bruin is.
Vysel en stamper het darem meer genade vir 'n ou se tong. :icon_biggrin:
Fransi, ek het al baie van Bid or Buy gehoor, sal 'n nuwe onderwerp daaroor begin.
-
vysel en stamper is beskikbaar by Binuns of by enige spysenieringsonderneming