met sy kunstalent het Hy
jou lang dun blare bekyk
en 'n besondere blom
met sy vingers bedink
na die westerkim ver
het Hy jou toe laat stap
'n emmertjie swaaiend
aan jou stingelpols gebind
voor donkerskemer
moes jy diep skep
uit die verf wat God
vir die mooiste nagsê
van die son gebruik
en in die volksmond
het jy 'n naam gekry
soos vuurpyle gevorm
met styl en kleur
om warmte en liefde
aan ons tuin te gee
:grommit:
very nice
Pragrig geskryf Adéle, ek lief dit. :icon_salut:
Pragtig.
Baie mooi, en jou foto's is treffend by jou gedigte.
baie dankie Ans :toothy4: vir jou.