Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: AB on November 27, 2013, 07:41:25 AM

Title: hoe is ek gemaak
Post by: AB on November 27, 2013, 07:41:25 AM
ek kry dit iewers op face book

 my meisiekind is n IVF baba so het hulle 'living and growing' by die Skool kom sy die dag nee sy wil nou n boetie of sussie he ek se dis nie so maklik nee reken sy haar Onderwyser het gese as mens seks het maak jy n baba ok (ma doen ALS om in beheer te probeer Bly) maar soms het mens hulp nodig noem dit IVF ja hulle het daar van ook geleer se sy ok se ek maar dis hoe jy gemaak is oeeeee se sy en raak dood stil kan sien sy dink nou diep. Nou sy is nie n atleet nie en hou Niks van sport. Reken sy my dis hoekom ek so stadig is in sport ek vra nou hoe kom sy by dit uit. Nee se sy die dokter het die stadige sperm gebruik om haar te maak...
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Fransi on November 27, 2013, 08:09:58 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Meraai vannie Baai on April 27, 2016, 09:07:07 AM
Swem swerpie swem.... die babatjie wil eendag 'n sportster word  :headbang:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: PM on May 04, 2016, 07:46:19 PM
Ek is dankbaar dat daar nog nie 'n fb was toe my dogter daardie ouderdom gehad het nie.  Ha-ha!
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Assie on May 05, 2016, 01:00:17 PM
Ons was so arm, my pa moes my maar self maak.



 :mumum:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: PM on May 05, 2016, 01:42:11 PM
Jeeze, ek wonder hoe sou ek uitgedraai het as my pa my gemaak het. 
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 01:27:07 AM
Hiehiehie, wonder ek ook. Dink ek sou die ene snare en note gewees het. My pa was musikaal aangedrewe.

Het julle die ene gehoor:
Ons land se probleme het daardie dag begin by Furniture City toe Mev. Gupta aan Meneer Gupta sê: "Skat, ons moet 'n kabinet koop..."

Sluit ek af met ou raad: Moenie drink en bestuur nie - suip en kruip huistoe  :`ip2:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Naas on May 06, 2016, 09:10:12 PM
Don't drink and drive, smoke pot and fly
Vra die een spermsel vir die ander, 'Hoe vêr nog na die ovum toe?' 'Swem boetie, swem. Ons is nou eers by die tonsels very.
Laat die my nou na Proppie, my wiskundeonnie verlang. Hy was so kort, as sy keel seer was het hy nie geweet of dit sy Mangels of sy aambeie is want ontsteek het nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 10:19:27 PM
Naas, amper bulder ek vir Outop wakker  :headbang:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Assie on May 09, 2016, 11:59:04 AM
OOm Naas!!!! Tannie PM gaan vir Oom afgooi van die forum af...!!!
Oupa se Ta stienie is ooor 'n langnaweek gemaak omlat sy so lank is. Nou wonder ek of Oom Naas se Wiskundeonderwyser inderhaas gemaak is.


 :mumum:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2016, 11:54:07 PM
 :toothy4: O glorie gedorie, dit voel dan nou vanoggend so half soos lank lank gelede toe my dag so humoristies begin is.
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: PM on May 20, 2016, 06:48:50 PM
Nee wat Assie, tannie pm geniet oom Naas 'n hond uit 'n bos uit.  As dit nie vir hom was nie, was ons lankal biltonge!  (Laat weet tog vir my of jy verstaan, anders verduidelik ek nog 'n bietjie)   :read2:
Title: Re: hoe is ek gemaak
Post by: AB on August 30, 2016, 10:46:22 AM
my pa het my seker gemaak
hy was n wynmaker en sy wynmaak gene het my nou eers na 55 jaar getref