Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on November 15, 2013, 06:02:29 AM

Title: Eye Pads & iPads...
Post by: Angelica on November 15, 2013, 06:02:29 AM
Ek HOOR my baas se:
'I've won an eye pad.'
In die veld waarin hy / ons werk, is 'n eye pad nie 'n vreemde verskynsel nie, maar wel om een te WEN.
Ek's nie baie beindruk nie en hy sien die dowwe uitdrukking op my gesig, want wie skryf in vir 'n wedstryd met 'n eye pad as wenner-presentjie?
'Do you know what an iPad is?', vra hy en ek bak my hand en sit dit op my een oog en kyk na hom met 'n 'DUH' uitdrukking.
'Nee, 'n iPad!!  Soos in 'n skermpie, vingers wat tik-tik...'    :bootyshake:
Ons bars uit van die lag vir my dof, dowwer, dofste oomblik van die week.
Ai, maar gelukkig was daar nie nog mense in die oomblik wat my dowwe-geit kon aanskou nie.
So asof ek nie weet wat 'n iPad is....  en die het hy gister gaan kry met kamera's wat flits en 'n moontlike YouTube om te wys dis waar. 
Title: Re: Eye Pads & iPads...
Post by: Fransi on November 15, 2013, 08:32:15 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Eye Pads & iPads...
Post by: PM on November 15, 2013, 01:40:13 PM
Toemaar, as ek in jou skoene was sou ek ook so gedink het.   :icon_biggrin:  Dankie dat jy dit deel.   :love7: