Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on November 14, 2013, 11:10:03 AM

Title: Stemvanger
Post by: Jeannedarc on November 14, 2013, 11:10:03 AM
Ek wil so graag
'n Klankfuik bou
waarmee ek die luiddrugtige
se geskree kan vang

Ek wil so graag
'n tong gatsometer bou
sodat ek kan meet
die spoed waarteen
die pratende tong beweeg

ek wil so graag
'n toorstokkie bou
waarmee ek
die luiddrugtig-kompulsiewe prater
na Mars kan wegtoor
Title: Re: Stemvanger
Post by: Fransi on November 15, 2013, 08:40:58 AM
Ai, die tong. :-)

Goed geskryf.
Title: Re: Stemvanger
Post by: Jeannedarc on November 15, 2013, 09:23:07 AM
Baie dankie Fransi

Ek het hierdie geskryf uit irritasie. Ek was in die ontvangs van 'n kantoor en van die mense wat te lank in die oond was, staan en skree vir mekaar. die sekuriteit sien toe ek gluur die een party aan en se vir my: hulle raas baie ne.
Title: Re: Stemvanger
Post by: PM on November 15, 2013, 01:36:47 PM
Pragtig geskryf Natalie.  Dit is verseker 'n merske frustrasie!
Title: Re: Stemvanger
Post by: Ans Botha on November 15, 2013, 08:18:54 PM
Dit is pragtig Natalie