Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on November 06, 2013, 08:21:01 PM

Title: Uitnodiging....
Post by: Angelica on November 06, 2013, 08:21:01 PM
Ons stop amper gelyk by die robot, ek gaan regs draai en hy gaan aanry met die straat.
Ek was bewus van die motor aan my linkerkant, maar toe dit weer vorentoe beweeg en die lig is nog rooi, kyk ek na die bestuurder om te sien wat sy plan is.
Hy kyk ook vir my en draai sy ruit af.  Ek het nog een van daardie ou modelle wat nog met die slingers werk, so ek kon nie by my passasierskant se venster kom nie, wou ook nie, om te hoor wat die mannetjie dan nou so gulsig vra.
Ek moes toe maar liplees en vervies my vir die drommel toe ek net die woord 'apartment' uitmaak. So 'n stuk asgat-materiaal!!
Die ou vra toe weer of ek nie saam met hom na sy apartment wil gaan nie.  Verbeel jou! (Maar ai, lyk my ek is nog nie oor die muur.)
Ons het almal 'n ekstra ou geldjie nodig, vernaam hier teen die eiende van die jaar, maar so arm, en lustig, is ek ook nou nie.

Mevrou is seker toe al weg werk toe.  Dit was immers al 6.30 en die stad le ver suid. 

Mag sy tottie af vrot.
Title: Re: Uitnodiging....
Post by: PM on November 07, 2013, 08:58:32 AM
O hallie ha!  Verseker nog nie oor die rand nie.   :icon_biggrin: