Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 04, 2013, 06:17:57 PM
-
twee maande het my verbygegaan,
twee maande in lente-ure van verlang
wat blom in rosekleur en angelier
ek buk gereeld en tel my op
waar ek in stukkies en flenters
elke dag om myself versplinter
kon ek my maar in kleurespel,
soos die diederikkie toedraai
en dee-dee-deederik rondvlieg
of saam met rooivlerkspreeus,
sonder kommer of smart,
glansend sonvlug oor veld en vlei …
maar nou is ek net mensekind,
jou jy van myne weggeskeur
my eie, binne my, rou gekerf
tog, as ek myself kon mosaïek
sou ek die treur uit my trane skep
en oraloor hartsvreugde terug weerkaats
:grommit:
-
Aangrypend, hartverskeurend, tog met hoop geskryf.
-
Inderdaad. Pragtig geskryf Adéle. Jy is steeds daagliks in my onthou.