twee glasies gevul
met soet jerepico
staan vergete
op die boshut se dek
terwyl ek
hulpeloos
in jou oe
verdrink
en tussen
die bewende skadu's
na my asem soek...
:grommit:
Dit is werklik mooi. Kort en kragtig maar veelseggend. Ek ervaar die emosie in jou werk.
Pragtig!
So pragtig beskryf.
Hier geniet ek dit weer.
:love7: