Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 31, 2013, 09:48:36 AM

Title: Die laaste dag
Post by: PM on October 31, 2013, 09:48:36 AM
Dit is die laaste dag van Oktober 2013.  Die jaar het gehol en is nog steeds besig om te spoed na die einde van die jaar.
Dit was sekerlik vir my die kortste jaar ooit.  Ek ski teen die afdraande af met 'n stofwolk agterna.  My remme is onklaar, dit werk nie meer nie.   :icon_biggrin: 
Hoe was jou jaar? 
Title: Re: Die laaste dag
Post by: Naas on October 31, 2013, 02:29:35 PM
Wie stoot so die opdraende af? Dit was vir my ook 'n waterskeidingsjaar wat einde toe hol.
KEER my... of ek verrinneweer MY!



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die laaste dag
Post by: Jeannedarc on November 01, 2013, 10:16:26 AM
PM

jeezz jys gelukkig om nog te kan ski teen die skuinshelling van die jaar af, maar ekke! ekke is nou in freefall and i aint got no brakes - het okki 'n parrashoot nie  :angel12:
Title: Re: Die laaste dag
Post by: PM on November 01, 2013, 03:17:48 PM
Sien ek nou "opdraende" en besef ek het dit verkeerd gespel.  Foitog, arme ekke.   :icon_scratch:

Al wat ek kan sê is "happy landing".  Julle twee moet darem genoeg energie spaan vir Kersfees ook.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die laaste dag
Post by: Fransi on November 01, 2013, 09:52:53 PM
Dit het omtrent gevlieg. Vir my was dit 'n uitdagende jaar.
Title: Re: Die laaste dag
Post by: PM on November 02, 2013, 10:28:00 AM
Spaan dit ja, spaan dit!  :icon_biggrin: 

Ai tog Fransi, gelukkig slaag ons darem altyd die "toetse".  Daar waar ons nie slaag nie probeer ons maar weer nê. 
Title: Re: Die laaste dag
Post by: Fransi on November 04, 2013, 09:12:19 AM
Ja, ek dink dit is soos 'n kontinuumlyn op 'n spiraal. Ek het so 'n rukkie terug 'n gedig daaroor geskryf- sal dit netnou plaas.
Soms voel dit asof dieselfde toetse oor en oor na jou toe kom en dit laat jou wonder of jy die vorige kere dan niks geleer het nie, agteruitbeweeg, maar ek dink eintlik is 'n mens net by 'n nuwe kruising. Jy beweeg steeds vorentoe, maar elke kruising tussen spiraal en lyn bring nuwe lesse of dieper insig.

Dit is gewoonlik gedurende die uitdagende jare wat jy eintlik die grootste deurbrake maak. Hoop ek. :-)
Title: Re: Die laaste dag
Post by: PM on November 04, 2013, 05:02:51 PM
My jongste se leuse is:  "In chaos resides apportunity".
Title: Re: Die laaste dag
Post by: Angelica on November 06, 2013, 08:11:55 PM
So much to do still and so little time.
As ek dink waar ek was op 1 Januarie 2013 en waar ek nou is.... En tussen die twee datums het ek heelparty dinge beleef en geleer.
Dis asof ek nou die dag klompe wynbottels moes in geskenksakkies sit en ons laat alweer nuwe jaar-end kaartjies druk. 
Ja, op die 15e van November is ek alweer 'n hele jaar by my nuwe werk. En is ek ook 'n jaar ouer. Bleh!!
Title: Re: Die laaste dag
Post by: PM on November 07, 2013, 08:56:13 AM
Ja die dae vlieg by ons verby en voor ons weet is die Kersfees.  Ek is ook baie nader aan 70 as wat ek gedink het.   :icon_biggrin: