windjie neem my hand
waai my saam jou
na onbekende oorde
wys my 'n hemelruim
van sterre, maan en son
sit my neer
hoog bo watervalle
hou my vas
op gladde rotse
dwarrel met my
oor wye oseane
vlug met my van
storms, sneeu en koue
waai my na onbekende eilande
sit my neer
in die arms van my beminde
Ag dis baie oulik. Ek lief dit Ans.
Dankie PM.