Bestanddele:
1/2kg beesvleis (ons het 'n groot T-bone oorskiet gehad en sommer dit gebruik)
2 uie
1 blikkie sampioen roomsous
1 koppie room
sout en baie swartpeper
Metode:
Braai jou uie in olyfolie tot sag. Voeg jou opgesnyde bees by uie en braai tot gaar. Sit jou blikkie sampioensous by en braai vir so 5 minute. Gooi dan jou room, sout en peper by.
Bedien op met basmati rys of pasta.
Absoluut heerlik!
Dit lyk baie lekker en as ek kan kies sal ek oodles of noodles kies! Dankie vir die deel Terry.