Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Karin on June 12, 2011, 06:00:00 PM
-
Ek wil net hier 'n groot dankie aan Ouma Piet gee dat sy my altyd so mooi help met my verhale. Ek weet ek is 'n groot :bootyshake: hole want ek kom kuier nie en nou is jy in die Kaap. Snik Snik.
Dit is mense soos jy wat my laat glo in my skryf vermoƫ.
Dankie ou suster. Ek mis jou. :love7:
-
Ek mis jou net so en beskinder jou pienk! :hello2:
Oor tien dagies is ons weer tuis en dan kuier ons weer heerlik saam.
Bring tog van jou mooi verhale en gedigte dat almal dit kan lees. Ons mis jou hier. Hoop jou werk is een van die mooi dae op datum sodat jy weer kan saam kuier. :love7:
-
Nou sit ek hier en wag en wag en jy is weg. Hoe gaan dit met ons grootseun, ek hoop hy is darem al baie beter of sommer heeltemal gesond. :icon_scratch:
-
Ek kan ook nie wag om die verhaal te lees nie. Maar klink my die finaliste/wenners is self ook nog nie ingelig watter van hul skrywes is bekroon nie.
-
Oeps, dan is dit seker hoekom hulle so stil is. Ons sal maar nog 'n rukkie moet wag dan. :hello:
-
Ek mis vir Karin en Edelsteentjie. Wonder hoekom hulle nie 'n bietjie hier kom kuier nie.
-
Nou, nadat nog 'n kuier agter die rug is, wag ek vir daardie verhale Karin. Kom plaas Sustertjie. Ouma Piet wag!
-
Jammer julle, ek sien daar is heelwat plekke waar mense my gesoek het en gewonder het wat van my geword het. Laat ek net noem dat dit vir my 'n totale onmoontlikheid was om enige kontak te bewerkstellig en het ek nie net weggesluip nie. Maar nou is ek terug.
-
Altyd dankbaar om weer iemand raak te loop in die woordgang :hello2:
-
HIEP HIEP hoeraaaa!. Kom ons blaas bietjie lewe in die omgeforum.
:icon_bigsmurf:
-
Ek is hier hoor! :sign10:
9.15 Vrydagaand en ek dwaal so op my eentjie deur die forumgange en loer saam in waar julle woordspore gelaat het. Eintlik hoeka al slaaptyd diekant vir die oues van dae maar ons sit en wag vir die kinders wat oppad is vir 'n kuiertjie. Kuiertyd loop uit. Onse jongste en sy gesinnetjie verhuis einde Julie na Amerika vir vyf jaar :crybaby2:
-
Julle twee moet die laaste kuiertjies met mening geniet. Tyd gaan so vinnig en geliefdes is so kosbaar.
:icon_bigsmurf:
-
Goeiste, ek sien hier kom 'n opflikkering! Een van die dae is ons weer mal aan die kuier.
Ai Raaitjie, ek is jammer vir julle. Ons dogter en die twee seuns het die 29ste gevlieg na NZ waar hulle by manlief aansluit.
Wat kan 'n mens tog doen. Hier is net nie werk vir ons mense nie. :crybaby2:
-
O hene toggie, ek hou niks van groet nie PM. Maar dit is 'n eenkeer-'n-leeftyd geleentheid wat die kinders moet aangryp so ons gun hulle dit. Dink aan julle ook mater met die verlange saam. En ja..... hier is weer flikkering ne :icon_biggrin: