Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 18, 2013, 09:09:44 AM
-
Het jy ook 'n "derde oog" wat dinge sien en jou waarsku, maar jy stry daarteen.
Noem mens dit 'n sesde sintuig?
-
Nee, maar ek het 'n derde been, ongelukkig hy het nie 'n voet om op te staan nie.
:icon_bigsmurf:
-
My derde oog se nou vir my ek is in die moeilikheid oor my vorige antwoord. Maar ek gaan hom vir eers ignoreer.
:icon_bigsmurf:
-
:icon_biggrin: Solank ons ons sin vir humor behou is die Kaap Hollangs. :icon_biggrin:
Dit is juis omdat ek daardie "waarskuwings" ignoreer dat ek knaend in die moeilikheid is. Ek dink mos almal is betroubaar, veral mense wat baie na aan jou hart is, dan is dit net daar waar jy jou alie sonder 'n spieël sien.
-
Ek glo almal het intuïsie, maar dat dit van jou persoonlikheid gaan afhang of jy dit as 'n dominante funksie gaan gebruik.
As jy bv. 'n INFJ (Introverted, Intuitive, Feeling, Judging) is, sal jy met die oplos van 'n probleem eerstens jou intuïsie (patrone, simboliek, abstrak) gebruik, terwyl 'n ISFJ met die dominante funksie van S (Sensing) eerder hulle sintuie, eie ervaring m.a.w. dit wat meer konkreet is, gebruik.
Ek beland ook gewoonlik in die sop as ek nie na my binnestem luister nie. :-)
-
Jy stel dit baie duidelik. Ek lief hierdie "wetenskap" oor persoonlikhede. Dit is baie insiggewend, alhoewel ek nooit weet waar ek regtig inpas nie. Volgens hierdie skakel wil dit vir my voorkom asof ek meer INFJ is as die ander persoonlikhede. Dat ek baie lief is vir mense is 'n feit, maar ek het my eie spasie nodig om soms net in my dop te kruip en die wêreld op 'n "veilige afstand" te betrag. Dan doen ek 'n goeie "in-ventaris".
http://www.typelogic.com/infj.html
Waar pas jy in Fransi?
-
Ek is ook 'n INFJ. :-)
-
Ek het so gedink.
My probleem is dat ek nog met die maan gepla is ook. :icon_biggrin:
-
:icon_biggrin:
-
Mmm ek dink ek pas ook in by die INFJ. Ek is uit en uit 'n introvert. Ek trek myself in my dop soos skilpad as ek te veel mense om my het. Daardie derde oog dink ek wil ons nie aanvaar nie, omdat ons nog so iets het soos 'n geloof. Want daardie derde oog se eintlik vir jou goed wat nie Christelik aanvaarvaar is nie. 'n Sesde sintuig se vir jou "Ho stop die lorrie" Hierdie ou is nie wat hy voorgee hy is nie, of ek moet hier so 'n bietjie stadiger ry, jy weet nie hoekom nie, en dan doen jy dit, en as jy so oor 'n paar nute op 'n plek kom dan sien jy daar het iets oor die pad geloop en iemand anders het die ding getrap. het jy vinniger gery kon dit jy gewees het.
Daardie derde oog, is weer, en ek gaan hier iets noem wat ek telke male met 'n vee van die hand wegwaai, en eers onlangs besef het, dat hierdie ding wat ek sien, eintlik 'n boodksap is wat aan my oorgedra word, om myself voor te berei op dit wat gaan volg.
Ek sien 'n bewegende skaduwee, partymaal baie groot, partymaal baie klein, partymaal stam en stadig, partymaal baie vinnig soos blits. Elke keer na ek daardie skaduwee gesien het het iemand in my familie totsiens gese. Die laaste keer was verlede jaar 'n maand voor my aanstaande skoonseun se motorongeluk.
Die skaduwee se nie vir my wie dit is nie, die grote van die skaduwee se wel of dit 'n groot persoon of 'n kind gaan wees. Ek het eers verlede jaar besef ek moet dit nie afmaak as sommer net iets wat ek dalk gesien het of dalk nie gesien het nie.
-
Hierdie dinge gebeur wel en ek glo dit is nie boos nie. Dit het met my pa gebeur, oor en oor en op verskillende maniere. Soms droom 'n mens ook en dit kan ook 'n waarskuwing wees. 'n Mens moet net daarop let.
-
Ja ek het dit afgemaak as iets wat onmoontlik is, en keer op keer het dit met my gebeur. Vandag is ek meer bedag daarop.
-
Naas
ek sal my bes probeer om nie jou been te trek wat nie 'n voet het om op te staan nie :color: . ek persoonlik is van mening dat ek 'n totale ekstrovert is - ek lief mense en ek lief aandag, ek is seker maar an attention freak. ek het ook 'n love affair met 'n mikrofoon en verhoog. ja, ek dink ek maak van my intuisie gebruik in my daaglikse handel en wandel
-
Ek kan getuig van jou liefde vir mense en 'n mikrofoon. Jy is uitstekend daarmee sustertjie. Sodra ons terug is van NZ (in Februarie) moet ons die ding weer doen! Dit is vet pret!