oor groen golwende berge
steek jy jou geel oranje kop uit
vroeg oggend bring jy lewe
vir almal wat jou gade slaan
met jou helder geel oranje skynsel
maak jy kiewiet, Hadida en krombek wakker
wek jy wildsbokke, dassies, vee en mens
stuur jy vir uil terug na sy nes
saam met jou verskyning
vee jy koue voor jou weg
bring jy van jou hitte
om mens en dier te verhit
nooi jy almal om 'n nuwe dag te aanskou
smeek jy ons om in jou kleureparadys
van geel en oranje
jou koninklike sonop te bewonder
Mooi geskryf Ans. Die spreekwoord lui mos die oggendstond het goud in die mond. :hello:
Dankie PM