Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on October 17, 2013, 09:24:46 AM

Title: Wie het gesê?
Post by: PM on October 17, 2013, 09:24:46 AM
As ons praat oor erfgeld:  Wie het gesê dat kinders gelykop moet erf?

Ons hoor so dikwels dat ouers sê hulle koop altyd vir elke kind dieselfde waarde. As die een kry moet die ander ook kry.

"Ons kinders sal gelykop erf." 

Hoekom is dit so?
Title: Re: Wie het gesê?
Post by: Naas on October 18, 2013, 11:06:42 AM
Is dit nie genoeg dat hulle gelyktydig erf nie.
My kinders gaan almal dieselfde erf... niks. want daar is niks.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wie het gesê?
Post by: PM on October 21, 2013, 10:39:01 AM
'n Vriendin van ons se man is al 'n geruime tyd oorlede.  Hulle het vier kinders gehad.  Die een seun het al die jare na sy ma gekyk en in al haar behoeftes voorsien.  Die ander kinders het meer gehad as wat hy gehad het, maar het nooit iets bygedra nie.  Na haar dood het die seun wat na haar gekyk het 'n lewenspolis ge-erf waarvan niemand bewus was nie.  Nou is die ander kinders baie kwaad omdat hulle niks gekry het nie.  Is dit onregverdig?
Title: Re: Wie het gesê?
Post by: Naas on October 21, 2013, 09:49:01 PM
Natuurlik is dit onregverdig dat hulle vir hom kwaad is.
1) Hy het nie dsaarvan ge weet nie
2) hy het mos gewerk vir die geld sonder om betaling te verwag.
3) die mense wat die testament opgemaak het is dood. Help nie om vir hulle kwaad te wees nie.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wie het gesê?
Post by: PM on October 22, 2013, 10:09:29 AM
Nou is my vraag of kinders altyd gelykop moet erf.