Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on October 09, 2013, 06:19:22 AM
-
Ja, waarlik, die mooiste, mooiste maand.
Dit is ook Borskanker-maand. Dra nie net pienk nie, maar ondersoek jou borste of laat dit deur jou dokter ondersoek.
Gaan ook vir 'n Mammogram sodat vroegtydige veranderings, wat jou dokter nie kan 'voel' nie, opgespoor kan word.
Borskanker kom nie net onder vroue voor nie, ook by mans.
-
Voorwaar, alles is nuwe groen en die blomme blom asof dit hul laaste kans is!
Ek het 'n interessante stukkie raakgelees. Hulle sê dat vrouens waarvan die eierstokke verwyder is, se kanse om borskanker te kry minder is.
-
Van watter ouderdom af moet 'n mens begin om goed soos 'n Mammogram te kry?
-
Hier is 'n skakel wat sê dat die gewensde ouderdom 40 is. Dit word deur die borskankervereniging voorgestel. Hoe vroër 'n mens dit kan vasstel hoe beter is jou kans op genesing.
Ek persoonlik dink as mens borskanker in die familie het, kan 'n mens van 30 af begin met ondersoeke.
http://www.ehow.com/way_5647915_age-start-having-mammograms.html
-
Dankie, PM.
Fransi, jy se 'goed' soos Mammogram. Wonder jy ook oor PAP-smere?
Nooit te vroeg of te laat nie. Maak daardie afspraak en laat dit net doen. As jy skaam is, gooi jou gesig toe.
En die mans moet ook hul prostaat laat ondersoek. Dit is noodsaaklik.
-
Dankie PM en Angelica.
-
'n Mens behoort eintlik een keer per jaar, of dan ten minste elke twee jaar, te gaan vir 'n deeglike algemene ondersoek. Ons is laks.
Ek praat van hoorsê, as ek sê dat hulle deesdae net bloedtoetse doen in die plek van 'n papsmeer. Ek is mos ou al vir "djarre" 'n sportsmodel. :icon_biggrin: So ek weet nie wat is die regte prossedure nie.
Wat my nog steeds dronkslaan is dat Hannes na die kolonkanker nie meer hoë bloeddruk het nie. Is dit maar net nog 'n teken dat daar iets drasties fout is iewers? Moet dokters nie liewers die oorsaak vind in stede daarvan om die simptome te behandel nie.