Ek is die afgelope tyd weer deur 'n paar golwe wat tot die volgende gely het.
Gedagtes vorm,
ontglip die veiligheidsnet,
van rede.
Val op die tong
wat sweepklap,
deur oordromme,
om tot in diepste wese,
te weergalm
en oor...
en oor...
en oor...
vermoor.
:icon_bigsmurf:
Goeie gedig. Ek kan my hiermee vereenselwig, veral in ons beroep. Ek kom die laaste tyd agter dat sommige mense se stilswye my meer seermaak as wat woorde sou.
Dit is interessant om te sien hoe jy die kommas aangewend het Naas. Baie doeltreffend.
Eish Gawie, daar raak jy nou 'n waarheid kwyt wat skrik vir niks!