Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on September 19, 2013, 06:26:26 PM
-
Ek weet nie met watter rivier-in-vloed ek gaan wegspoel nie, maar ek gaan see toe!!!
Jitte, en ek het nie eens vlerkies om mee te swem nie.
-
:-) Ons was jare gelede laas by die see. Ek glo vas dat ons ook weer die see sal ruik, haar buie voel en haar skulpgeskenkies kan optel.
Geniet dit!
-
Ek lief dit ook om skulpies op te tel. As jy vroeg-vroeg op Blouberg se strand gaan stap kry jy nog so nou en dan 'n mooi skulpie. Jy moet net vroeg daar wees, voor die "oesters" jou voorspring, want hulle maak skulpe bymekaar vir die winkeltjies.
Els, jy moet maar aan 'n tak vasgryp sustertjie. Ons hoor julle verspoel en Tafelberg wil nog sneeu hĂȘ. Daar bo in die Transvaal vrek die ouens van die hitte en hier is dit alweer koel en bewolk in Beaufort Wes.