Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 18, 2013, 12:14:02 PM
-
Daar is seker iets fout met my, maar ek hou nie van verrassings nie.
Nou-ja, daar is seker "verrassings" en ander verrassings, maar hoe dit ookal sy, ek hou daarvan om of self te kies of as iemand vir my kom kuier voorsorg te tref.
Hoe voel jy daaroor?
-
Hang af wat die 'verrassing' is..
My vorige skoonfamilie sou 4am jou kom opklop met 'n 'SURPRISE!!!, ons kom by julle koffie drink / rugby kyk. Ons het ons eie beskuit saam gebring.' Grrrrrr.
Nee, jy kontak my en ons maak 'n afspraak. Jy daag nie sommer net op nie.
Maar as jy my verras deur vir my blomme te laat aflewer.. wow, dis heerlik.
-
Joeg, 4 uur in die oggend is darem een te erg. :icon_scratch: Dan sluimerslaap ek nog, maar ek is seker as iemand my daai tyd van die dag kom besoek is ek wawyd wakker. :icon_biggrin:
Ek bad nie. Ons kan soos oor Kersfees in 'n groep sit en geskenkies uitdeel, dan sal almal om my die heerlikste lekkerruik stortseep ontvang en ek kry die badsout. :icon_biggrin: Gelukkig het ek 'n skoonsuster wat graag bad.
-
Hie hie... miskien is 4am bietjie soos dit gevoel het. Maar dat hulle jou surprise het met die hele familie baie vroeg, dis waar.
Ek het nog baie min geskenke ontvang wat werklik my asem weggeslaan het. Gewoonlik is dit iets wat jy WEET gegryp is in die verbygaan, sonder dat my persoonlikheid in ag geneem is.. Ek bedoel, werklik, NOG 'n blomme-vaas? As jy die blomme weekliks sal stuur daarvoor dan, JA. by all means.
Gee dan liewer vir my 'n Woolies Gift Card sodat ek my eie geskenk kan koop.
Jitte, dink ek nou aan die familie en die se vriende wat kom kuier by die (verlangse) familie by die see oor Desember... :pottytrain2:
-
Ha-haa. 'n Blommevaas sonder blomme. :icon_biggrin: My mense weet ek koop nie sommer geskenke vir verjaarsdae nie. Ek sit die geldjie in 'n koevertjie en hulle koop self waarvan hulle hou.
So deur die loop van die jaar, as en wanneer ek by 'n winkel instap en ek sien iets wat my aan 'n persoon laat dink, dan koop ek dit en gee dit.
Ek lief "Nutties" en so 'n dosietjie kan my hou vir maande. Net so nou en dan glip ek een in die kies en suie daaraan tot dit op is. :icon_biggrin:
Ek het nog my piek quarts wat ek by jou gekry het. Dit het 'n ereplek op my lesenaar. :love7:
Ai, dis nou jammer dat ek nie verlangse familie in die Kaap het nie. :sign10:
-
Nie van die soort wat jou planne vir die dag omverwerp nie, maar as die paniekaanval van onverwags verby is, draai dit gewoonlik lekker uit. :-)
-
Wat is die pitts as dit kom by onoordinkte (onoorgedonkte) geskenke??
As jy badsout kry en jy het net 'n stort. :BangHead:
Kom ek vertel julle wat die ultimate verrassing sal wees en ek jou om jou nek gaan laat val en hou en hou en klou....
As jy my SARS vormpie invul.
Elke jaar doen ek dit sommer vroeg-vroeg, maar hierdie jaar wil die lus my nie oorval nie. Nou hoor ek ek kan maar nog wag tot net so voor end Oktober.
-
:icon_biggrin: Ja, hulp met die invul van enige formele, amptelike vorm is 'n GROOT geskenk.
-
Ek pleit sommer blind as dit kom by vorms en dinge. Gelukkig het ek 'n seun met 'n rekenmeester. :icon_biggrin: Sy, ja sy, vra nie 'n arm en 'n been nie.
Dit was 'n heerlike verrassing toe ons vanoggend wakker word en dit reen so baie baie liggies. Die wind is stil! Die son is nou uit en die vogeltjies tjirp soete deuntjies. Wonderlik.
-
PM julle kan my enige tyd 4uur in die oggend kom wakker klop al is dit ook 12 uur in die middag.
:icon_bigsmurf:
-
Ha-haa, jy sal nog so middagslapie vang dan is ons op jou! :icon_biggrin:
Jy is nie eers by die huis nie! :dontknow:
-
AB, ek het 'n aangename verrassing gehad toe ek nog drie bottels Belladonna in my wynrak ontdek. 2009! Nou suig ons rustig aan 'n botteltjie. Verlang ek Kaap en sy mense toe.