Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 16, 2013, 10:16:11 PM
-
voor my vererger roesrooi keistene
die ongelykte tot hobbelpad,
die doolhof se struike stink
en dorings parmant orent,
kanker saai driedubbeltjies
om dwarsoor elke kaal veld
te rank … en donga’s te vul,
skelm elke wildevy
se boommurg parasities te dood
tot blaar en botsel verdroog
en basstukke krakend skilferend breek
dan verwinter die droë takke
tot woestyngedaantes-
drogbeelde in donkerskemer se smart-
geen voëlgesang meer
geen blommelied en jasmyngeur
as die nuwe dag opgewonde
oor dagbreek se kranse skeur
:grommit:
-
Hier kan ek Ans se mooi gedig van: As ek maar net kon, aanhaal.
Die gedig is so gevoelvol geskryf.
-
Woorde vol van intense emosies. Besonders geskryf.