Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 09, 2011, 12:27:48 PM

Title: God se gesels
Post by: Jeannedarc on June 09, 2011, 12:27:48 PM
Paddakore in die nag
Kriekies kriek, honde blaf
Alles klanke o so irriterend as ons slaap
En ook God se manier
Om te sê slaap rustig my kinders


Koer koer sê die duif
Vleiloeries wu wu wu, kwêvoëls kwê
Mevrou houtkapper se getimmer
En die hadida se kreet van vrees
God sê goeie more, lekker geslaap


Of die reën saggies neerdaal
Of woeste storm is
Weet ons God ook hartseer is
Trane stort van blydskap, verdriet
Net soos ons, sy kinders


Sagte skakerings pienk en pers
En vlieswolkies teen die westerkim
Vaderson knipoog ‘n laaste maal
Om die aandster te begroet
God sê: goeienag my kinders – lekker slaap
Title: Re: God se gesels
Post by: adele on June 09, 2011, 08:12:36 PM
'n dagreis-lange gedig, pragtige vertellings van God se gesels met ons deur Sy skeppingslewens.

 :grommit:

Title: Re: God se gesels
Post by: PM on June 10, 2011, 09:24:38 AM
Jip!  Daar steek ek toe vas by die "vleiloeries wu wu wu" en ek hoooor hoe hulle roep!  Baie mooi!