Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on September 16, 2013, 09:45:52 PM

Title: my hart krimp vanaand
Post by: adele on September 16, 2013, 09:45:52 PM
my hart krimp
in die frummels van onthou …
’n storm-suidewind
roep my, gryp my 
uit verstarde asemnood
en waai my trane soutdroog,
ek klouter terug
oor rotse van pyn en seer
na die lewe
waar ’n alleenvlakte
my eenkant neerlê,
my arms, ysigkoud,
en my kromspasties lyf
met die son warm vryf
en my liggaam voed met verlange …
‘daarsonder sal jy vergaan’
fluister ’n dennewind om my,
aan die rant van die skemer
streel die geur van fynbos
my met ’n slaaplied
om die skimdrome
van die nag te verdryf


 :grommit:
Title: Re: my hart krimp vanaand
Post by: PM on September 17, 2013, 07:25:30 AM
Ek is so bly dat jy 'n pen het en 'n potjie vol ink om jou hartseer en verlange daarmee uit te stort.  Dit is 'n treffer Adéle. 
Sterkte my sustertjie, ek dink elke dag aan jou. 
Title: Re: my hart krimp vanaand
Post by: Fransi on September 17, 2013, 08:04:05 AM
Hartverskeurend mooi geskryf.
Title: Re: my hart krimp vanaand
Post by: Angelica on September 18, 2013, 06:07:11 AM
Jy bly in ons gedagtes.