Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on September 11, 2013, 09:32:18 AM

Title: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 11, 2013, 09:32:18 AM
Ek het hierdie hond ontmoet in Colesberg by Safari Park, waar ons een nag (dankie tog vir net een nag) oorgeslaap het oppad na Beaufort Wes.  Hy het my so baie aan Elsabé se Stomp laat dink dat ek gewonder het of dit nie die ware Jacob is nie en hy het sommer dadelik "Stompie" geheet. 

Lyk hy darem effens bekend Els? 

Stompie het saam met die ontvangsdame gekom (die een met die baba op die rug) en daar het Stomp gebly.  Hy het met die oopgaan van die deur onder my bed gaan lê, so asof hy wou wys dat hierdie "plaas" eintlik aan hom en sy baas (wat lyk my nooit daar is nie) behoort. 

Stompie het ons die hele aand vermaak. 

Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 11, 2013, 09:47:05 AM
Eers gaan haal Stompie vir hom 'n klip.  Dan plaas hy dit mooi tussen sy voete. 

Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 11, 2013, 10:53:18 AM
Ek het nou net hierdie een foto, maar gewoonlik spring hy dan met altwee pote op die klip en skaats tot voor jou voete.  Nou los hy die klip daar en
gaan lê weer voor die deur en wag dat jy die klip vir hom moet gooi. 
So speel hy tot jy besluit het dit is nou genoeg, dan lê hy voor die deur en blaf en tjank totdat jy weer wil saam speel. 

Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: Fransi on September 11, 2013, 01:58:01 PM
Oulik!
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: Angelica on September 11, 2013, 06:09:51 PM
Giggel ek nou.... 
Nee, beslis nie my Stomp-hond nie.  Stomp was stomp.  Hierdie outjie het 'n semi.
My, let wel, Stomp was so 'n groot, lomp, bruin gebroedsel wat bo-oor die ou hout toonbank van die bank kon hallo se vir sy ma.
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 11, 2013, 09:06:02 PM
Ja-nee, jou Stomp was enig in sy soort.   :icon_biggrin:

Stompie het ook 'n maatjie gehad, maar by nadere ondersoek het ons vasgestel dat die maatjie eintlik Stompie se lyfwag was.  Wag laat ek gaan soek na daardie foto. 
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 11, 2013, 09:10:15 PM
Sien wat ek sê?  Dit is 'n man met 'n gun!

Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: Angelica on September 12, 2013, 06:24:26 AM
Oooo, flip, ek lag so, ek sal nou weer my mascara moet optouch.
Ai, PM, ek  :love7: u.
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 12, 2013, 10:34:42 AM
Hannes het die lyfwag toe sommer Spyker gedoop, want hy het gedink dit is baie van pas.   :icon_biggrin:

Spyker het darem nog ander pligte ook gehad.  Net agter ons kamer (wat perongeluk die naam van "chalet" gedra het,) was daar 'n bok in 'n hok.  (Kamp rym nie met bok nie.  :icon_biggrin: )

Bok het sy bes probeer om van die boom se blare in die hande te kry en toe het Hannes maar handjie bygesit.  Spyker het histeries geblaf elke keer as ons naby die kampie gekom het, maar gelukkig was daar niemand wat hulle aan Spyker gesteur het nie. 



Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: Fransi on September 12, 2013, 12:07:04 PM
:-) Dit lyk asof julle pret het.
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on September 12, 2013, 03:16:34 PM
Dit was pret en ons geniet dit nog steeds.  Kyk maar na die onderwerp "Spykerkaskenades"   :icon_biggrin:

Ons het so pas van die dorp af teruggekom toe ons die gekreun en gesteun hoor en die kamera gryp. 
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: Meraai vannie Baai on October 31, 2018, 10:05:12 AM
Ek ontdek hierdie nou eers! Lekker gelees. Laat my dink aan die volgende donker humor: Hoekom kan 'n asbakkie nie loop nie? Dit het net stompies  :toothy4:
Title: Re: 'n Hond genaamd Stompie?
Post by: PM on October 31, 2018, 03:29:46 PM
Ek het nou nog daardie klip wat ek by Stompie "afgeneem" het.   :toothy4: