Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on September 06, 2013, 06:33:39 AM
-
Hi ouens, julle boeke is by my.
Nou moet ons net reel waar dit afgelaai kan word by julle.
-
Oeee, kan ek asssseblief sneppies sien? :hello2: :love7: :notworthy: :icon_salut:
-
Koffie... vanmiddag... ons gewone plekkie... Jy maak die tyd??
:icon_bigsmurf:
-
Ek sou wat wou gee om ook daar te wees. Laat weet asseblief wat dink jy daarvan. :dontknow:
Terry sal seker spoedig foto's opsit Raaitjie, ek kan ook nie wag om te sien hoe dit gaan uitkom nie.
Baie dankie vir jou hulp en moeite Els, ek waardeer dit opreg.
-
My boek is nou eers vanmiddag saam met die baas Melkbos toe waar hulle woon.
Hulle wil lees oor die naweek...
Naas.. gewone plekkie by die bal in die paleis? Die prins en Aspoestertjie??? :laughing4:
Onthou, as die klok middernag slaan moet jy huistoe gaan anders val jou glasskoentjie uit. Of so iets...
Vanmiddag het ek gewerk. Working girl, deesdae.
Dit sal moet Saterdag of Sondag wees. Dis nou Sept 7 of 8.
Laat weet maar. As jy Willa se kontaknommer het, wonder by haar of jy haar boek kan saamneem.
-
En nou net om julle jaloers te maak:
Ek gaan nou saam met Naas en Elmarie koffie drink en VV&V bespreek en beloer en be-oe en -a.
Willa, girl, ons moet gesels.
-
Wens ek was daar! Geniet dit en liefies vir my ander matertjies ook.
Ek het jou nommer vir Willa gestuur. Hoop sy kontak jou spoedig. Nogmaals dankie vir jou moeite matertjie.
-
Goeie Grieta Petieta... Wat sal mens nou se as jy nie woorde het nie.
Ek weet nie hoe My maatjie dit reggekry het nie MAAr VV&V is wragtag die allermooiste werk wat ek nog in my twee sagte handjies vasgehou het. En my vrou het dit sommer geannekseer en wil nie afstand doen nie.
PM'Pie jy's my Heeeroouuu!!! Jy het jouself oortref. Ek het nie gedink boek een kan verbeter word nie... en nou... GOEIE FFFF..VELSKOEn maar dis pragtag. VV&V sal my kosbaarste boek bly.
DANKIE! DANKIe! DANKie! en ... O Ja! DANKIE!
:icon_bigsmurf:
-
PM, Naas het sommer Willa se boek saam geneem. Hy sal sorg dat dit by haar kom.
Dankie Naas en Elmarie, dit was sooo lekker om saam met julle te kuier. :headbang:
-
Ek het dit net so geniet. Kou passie vir die lewe en jou positiewe uitkyk is vir my meer as 'n "tonic" (soos my ma sou se.)
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Naas.
-
Wat is daardie woord se naam nou weer? Bewoe met die twee kolletjies op die ^e. Dit is hoe ek nou voel. Sou wat wou gee om saam te kuier en Naas, jou woorde is soos balsem. Ek lief julle. :love7:
Nou gaan ek verder pak en ry. Ons gaan in Beaufort Wes wees vir drie of so weke. :wave: