soveel jare se alleen
het oor dekades heen
onooglike eelte
in my siel se teelaarde
geplant, gesaai
oseane vol trane is geween
oor dorre klip en steen
waar dikvoet en koesnaatjie
sonder murmel blom
na enkel druppels reen
duisend tye kruppelalleen
het jy in marteldae omgeskep,
elke een rondomgeskil
gekerf tot ragfyn skyfies
met sap so bittersuur gevul
maar suring en tjienkerintjee
steek lewensvreugde aan
tot elke aar
tintel en kartel
en moedverlore kruike
weer sonligvreugde skep
:grommit: