Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on September 02, 2013, 10:28:39 AM

Title: Kom ons praat VITAMIENE
Post by: Terry on September 02, 2013, 10:28:39 AM
Vitamiene kom voor in baie vorme, maar wat is jou bron van daaglikse vitamiene?  Wat gee jy vir jou kinders as aanvulling?

Kom deel asb jou raad, wenke en ondervindings.

Kom ons praat VITAMIENE   :toothy4:
Title: Re: Kom ons praat VITAMIENE
Post by: Fransi on September 02, 2013, 04:29:47 PM
Ons eet maar vrugte. Ons is nie so goed met die onthou van aanvullings/pille drink nie. :-) Op hierdie oomblik is daar piesangs en appels in die huis. Soms as ek onthou of goor voel maak ek wel met my kruie tee, veral roosblare vir ekstra vitamiene C.
Title: Re: Kom ons praat VITAMIENE
Post by: Angelica on September 02, 2013, 06:09:51 PM
Ek neem geen aanvullings nie, bloot omdat ek eerder vars vrugte en groente eet.
Ek weet Vitamienes gaan tydens die kookproses verlore, daarom maak ek dit nie oorgaar.  Om die waarheid te se, die groente moet nog krakerig wees as ek dit eet.
Interessant is dat ons die vrugte wat die meeste Vit C bevat wat ons in die winter meer nodig het, wel in die winter beskikbaar is.  Hoe wonderlik is ons natuur nie.
Title: Re: Kom ons praat VITAMIENE
Post by: PM on September 03, 2013, 09:05:03 AM
Daar is ek ook sleg.  Ons vrouens moet maar 'n bietjie kalsium inkry en omdat melkprodukte nie van my hou nie, moet ek maar so nou en dan 'n pilletjie sluk. 
Fransi daar gee jy my nou goeie raad.  My spastiese dikderm kuil my op en ek gaan nou kruietee soek. 

Els, ek is ook lief vir groente wat nog kners wanneer ek dit eet. 

Die dokter het vir my skoonsus gesĂȘ dat sy nie so baie vitamines moet drink nie, want dit wat die liggaam nie gebruik nie word uitgeskei.  Sodra die urine verkleur drink jy te veel.

Daar is kinders wat baie ongesond eet en dan kan 'n vitamine aanvulling baie waardevol wees.