Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on August 25, 2013, 07:32:24 AM

Title: Nie die groente tipe 'ui'...
Post by: Angelica on August 25, 2013, 07:32:24 AM
Nie die groente tipe ‘ui’…
So e-pos ek ‘n pasient oor die voorskrif wat ons ontvang het van haar arts en sy nie opgedaag het by  ons spreekkamer om die ‘sling’ te kom pas…
Miskien moet ek eers hierdie verduidelik:  Ek is by ‘n Ortotis en hy ‘diens’ die hospitaal hoër op in die straat.  As ‘n dokter ‘n pasient daar sien en diè het iets nodig wat ons voorsien, word ‘n voorskrif òf na ons gestuur, of kom saam met die pasient of my baas ry daarheen met die spesifieke produk.
Nou, met hierdie geval het die voorskrif opgedaag, maar die pasient nie.  Haar e-pos antwoord op my vraag na haar besoek:  ‘My mediese fonds is uitgeput, ek het sommer een uit my uie sak gekry.
Jammer, maar ek het hardop gelag.
Title: Re: Nie die groente tipe 'ui'...
Post by: PM on August 30, 2013, 05:31:58 AM
 :angel4:   Sonder om te vra wat is die verskil in prys, maar ja, een uit die uie sak sal sekerlik goedkoper wees.   :icon_biggrin:
Title: Re: Nie die groente tipe 'ui'...
Post by: Fransi on August 30, 2013, 07:14:17 AM
 :icon_biggrin: