Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on August 23, 2013, 08:01:42 AM

Title: Die winter is op ons!
Post by: PM on August 23, 2013, 08:01:42 AM
Mensig maar dit is koud vanoggend.  Dit is onweer en die wind sny snerpend deur 'n mens. 
Dink julle ons gaan nog baie koue kry voor die somer deurbreek?
Title: Re: Die winter is op ons!
Post by: Angelica on August 23, 2013, 06:40:13 PM
Ek vries. 
Vanoggend was daar geen wolke.  Die lug was oop en donkerblou met die wonderskone oggendstond in die ooste. 
Die Boland berge het donker afge-ets gele en Venus was nog skitterblink.  Die maan het blink in die hemelruim gesit.  En dit was vriesend koud. 
Maar alles was sooo mooi.
Ek het nou net mooi my limit bereik wat betref uithouvermoe teen die koue en reen.  My jassie is dik.  Ek ook. 
Dit voel of somer nooit gaan opdaag.
Title: Re: Die winter is op ons!
Post by: AB on August 24, 2013, 02:41:59 AM
die laaste 2 oggende was dit somme rlikker dik geryp in die wingerd. ek verlang di eosmer, voel of my lyf vas gevries is en mens kan nie lekker werk met die dik bondel klere aan jou lyf om te probeer warm bly nie.