Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 22, 2013, 05:20:14 PM
-
Boksies gister op stofbedekte rakke
hou stukkies van 'n lewe
bietjie vreugde, bietjie smart,
egte diamante en nagemaaktes ook
dae is afgemerk op verweerde kalenders:
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 23 ure
water onder brûe van woorde,
assies in kaggels van sinne
wat op vergeelde blaaie dwaal
ek skryf 'n ode aan elkeen
wat getrou doudruppel woorde
oor my woordtuin gooi,
bosse dankie rose vir elk opregte vriend (in)
vir julle speel ek overtures uit swanemeer
besing vriendskap en ondersteuning
met kore van ou meesters
en verf Rembrands van jul name
gordyne sak nou na 'n slottoneel
waarvan manuskripte lank reeds
op geleende tyd geskryf is
en lank na laaste akkoorde
in voue van swaar gordyne demp,
sal herinnerings voortleef
-
Mooi, mooi...
-
Baie goed geskryf Gawie. :hello2:
-
Baie dankie. Dit was die slotgedig waarmee ek Woes vaarwel toegeroep het. Die einde van "n era en ook miskien die einde van my abc-werke. Ek is moeg vir kuberkakkies, nydigheid en sukkel. Moeg vir leë beloftes.
-
dis so goed geskryf, sjoe, baie mooi.
ek het nogal gedink ons sal kan terugkeer na woes wanneer die nuwe mense oorgeneem het ... sommer soms gewonder ... want ek weet nie wie het dit by Willem gekoop het en wat beplan word nie, voel ook nostalgies ... maar as jy ook nou daardie era afsluit, wel, dan moet dit sleg gaan.
:grommit:
-
Die persoon wat wou koop, het onttrek. Hy het nie kans gesien vir sekere goed nie. Woes is nou woester as toe en ek het sommer net moeg geword van goed wat my nie vreugde gee nie. Stelselmatig is ek besig om my lewe terug te neem. Al beteken dit dan 'n lewe sonder abc, then so be it. Ek kry nie tyd vir myself nie en nog minder vir ander goed. Onreg en baantjies vir boeties gee my sooibrand en treurigheid maak my kwaad. Ek is nou al 'n week lank finaal af(boots and all) en het nog nie 'n dag terug verlang nie. Skryf en kuier waar jy gelukkig is en basta met die res.