Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 16, 2013, 11:29:01 PM

Title: Cowboys don't cry
Post by: Gawelina on August 16, 2013, 11:29:01 PM
Oral roep mense met een stem,
sing soos dwelmbenewelde popsterre
oor seks en drank en vroue slaan
oral vergader indunas in hul kraal
drink brousels bier en stem dan saam
ons skepping se broosste wese
mag geen man slaan

Voorblaaie verkondig gruwel onregte,
wys vuil kinders met traannat wange
en vrouens blou en pienk geslaan,
mans word streng gewaarsku
om hul vuiste weg te vat

stil draai een man om
sug diep met elke treë,
'n skande dra hy met hom saam,
swyend moet hy dit verdra
want skepping se brose wese
laat nie sigbare littekens na

sy siel is weggevreet,
maaiers van verrotte woorde
wemel in sy binnekant
emosioneel mishandel,
brandmerk en sweephoue
praat hul eie taal

lig op jou kop jou sleg maaifoedie
Cowboys don't cry
geen man het 'n hart nie
gevoelloos die hele spul
lig nou net jou hand om te verdedig,
los my met kind en kraai
en môre weet die hele dorp
hoe sleg dit is saam met jou
lieg is nie so swaar nie, vrouens word altoos geglo
kyk hoe lekker lag ek nou
jou swaap, jou swakkeling

soos 'n skaap ter slagting draai hy om
glimlag vir 'n wêreld vol van onreg
mans mag mos nie huil nie
hul harte is mos van klip gemaak
maar saans vertel hy vir die aandwind
van sy ongesproke seer
Title: Re: Cowboys don't cry
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2013, 11:42:55 AM
Pragtig Gawes  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Cowboys don't cry
Post by: PM on August 17, 2013, 01:46:04 PM
Mooi geskryf Gawie.  Dit is lekker om weer iets uit jou pen te lees.  Dankie vir die deel matertjie.