Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Gawelina se plek => Topic started by: Gawelina on August 16, 2013, 11:25:38 PM
-
as jy lustig honger raak
is daar volop planne om jou prooi te vang
'n blink glimlag, 'n sagte woord,
slinkse kinkels in vriendskapspakkies toegemaak
tydsaam stadig spin sy ragfyn drade,
in versteekte spore oor sy pad,
soos vroegoggend dou op roosblare
sein dit blink beloftes uit 'n koue hart
sy nektar was dalk bitter
sy oë tydelik verblind,
tog was selfs twee pilare
vir Simson nie te sterk
was Delila ook teenwoordig
toe hy sy laaste veldslag slaan?
was al haar slinkse planne
toe steeds 'n siestog werd?
het al haar filistynse vrinde
saam in kos en wyn verdrink?
of was hul laaste ure
ook Simson se laaste lag?
-
Hierdie soort van Delila spel sal ek nooit kan verstaan nie. Pragtig verwoord juffrou!!
-
Mooi geskryf Gawie. Hul laaste ure was hopelik Simson se lag.