Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 05, 2011, 06:59:09 PM
		
			
			- 
				Waar die son verstrengel 
 in die vingers van ‘n haak en steek
 kleur die lig bloedrooi
 oor die uitgestrekte bosveld vlaktes.
 
 Springbokkies bons oor bossies
 terwyl vuilwit skapies wy,
 halfpad na die verte
 waar die son verstrengel.
 
 Valke sweef in oopbek sirkels
 oor die warm dorre aarde.
 Op soek na wegneem etes
 in die vingers van ‘n haak en steek.
 
 Voor my lê ‘n pikswart slang
 wat kronkel oor die vlaktes.
 Waar dit die horison tref
 kleur die lig bloedrooi.
 
 Die reis van die mens
 kleur die lig bloedrooi
 in die vingers van ‘n haak en steek
 waar die son verstrengel.
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Dit is vernuftig geskryf Naas.  Jy is een van die min digters wat gebruik maak van die strukture.  
			
- 
				En steeds hou ek nie daarvan om in boksies te skryf nie.
 Ongelukkig is 'n uitdaging vir my soos Vat HOM vir 'n hond.
 
 
 
 :icon_bigsmurf:
- 
				Naas,  ek het gisteraand weer met 'n maatjie gesels wat sê dat sodra haar pen opdroog,  sy gou 'n gedigstruktuur nader sleep en haarself dwing om te sit en te dink!  Dit help vir my ook.  Van die strukture het my geleer om nie 'n rymelaar te wees nie.  Dit was moeilik in die begin,  maar dit gaan beter met elke oefening.   :headbang: