Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 05, 2011, 07:49:21 AM
		
			
			- 
				Daar is ‘n gesegde wat se
 ‘n hond is man’s beste vriend
 Daar is ook ‘n gesegde wat se
 Elke hond kry sy dag
 Maar ‘n teef kry twee
 
 My teef is tog opreg in als
 Sy is opreg …. Hond
 Sy is ook opreg in wat sy doen
 Om nie te praat van as sy se nie
 En huigel kan sy nie
 
 As die sorge van die lewe
 ‘n Atlasbal op my skouers le
 Wat my skouers krom en skeef
 Op die grond laat le
 Is ‘n simpatieke lekkie van
 My teef se tong
 Meer opreg as enig word
 
 Is my blydskap borrelend van aard
 As my vreugde kabbel in my lag
 Dan spits haar oor
 Haar oe vonkel
 Dan blaf sy heerlik met my laggie saam
 
 Wanneer smart en weemoed
 My beker se rand oorstroom
 Hang my teef se ore
 Haar oe troebel
 Haar hondehand streel sagkins
 Die trane van my wang
 
 Ek is ‘n wonderlik geseende luis
 Om ‘n teef soos jy
 In my lewe in my huis te he
 Nooit ‘n skewe blaf van jou
 Net aanvaarding
 En liefde onvoorwaardelik
 
 
 Hierdie dra ek op aan die teef in Stof se lewe.
 
 
 
- 
				Ek kan deel in hierdie liefde in Stof se lewe.  'n Pragtige stukkie waarheid Natalie.  Mooi geskryf.