Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 02, 2011, 09:07:01 PM
-
hier deur die doringboom se takke
loer die laaste strale
van die skemer
by die glasdeur in,
gooi sulke effense treurnote
teen die kosyn vas.
sy fyn doringblaartjies
is ook nie bestand
teen die koue wat
van oor die water
vertel hoe hy
ons gaan vashou
en doodse tone
in ons tekkies
gaan agterlaat nie.
:grommit:
-
Tone doodgebyt in winterskou.
Die slinger van jou reels laat die koue rillings in my lyf af dans.
Mooi vers.
:icon_bigsmurf:
-
Goed gedoen Adéle. Die tipografie is interressant. Vertel hoekom het jy dit so geskryf asseblief.
-
Mooi mooi mooi. Ek hou van die manier hoe dit so lekker vloei. :hello2:
:angel12:
-
:wave: dankie vir julle komtaar :love7:
hier voor die een chalet staan doringbome met hulle voete inni water omdat di dam so vol is. en hierdie het ek geskryf toe die son een aand op die golfies weerkaats het tot ini chalet, as die wind waai maak die dam sulke ronde rimpelings en klein golfies.
:grommit:
-
Dankie vir die deel hiervan. Dit klink so soet en rustig uit jou pen!