Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: AB on August 12, 2013, 06:08:51 AM
-
Was die lang naweek in die kalahari op 'n plaas naby Askham.
So paar kiekies geneem:
Sommige in die nag geneem
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a01boom_zpsedbca1a7.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a01boom_zpsedbca1a7.jpg.html)
Het die outjie daar in die veld raakgeloop, eerste keer dat ek hom ontmoet en toe laat hy ook nog toe dat ons sy gesig kan sien, gewoonlik is hy mos baie skaam en opgerol.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a04ietermagog_zps09fda8e4.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a04ietermagog_zps09fda8e4.jpg.html)
sonsaktyd sommer in die ry uit die bakkie geneem
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a18sonboom_zps2d0e3683.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a18sonboom_zps2d0e3683.jpg.html)
die boom by ons kampplek het 'n versamelvoëlnes gahad
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a02nesboom_zps0f1d29f0.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a02nesboom_zps0f1d29f0.jpg.html)
en daardie voëltjies is so besig mens raak moeg net om na hulle te kyk en te sien hoe besig hulle is.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a09voeumll_zps0f43a939.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a09voeumll_zps0f43a939.jpg.html)
Dis jammer dat daar altyd 'n laaste aand langs die kampvuur is, gelukkig is daar 'n volgende keer 'n eerste aand langs die kampvuur.
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a10vlam_zps1dd7fd53.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a10vlam_zps1dd7fd53.jpg.html)
-
O pragtig, wat sou ek wou gee om daai ietermagoggie raak te loop. Wat 'n voorreg.
Ek stem, die pak en ry daarheen is altyd lekkerder as die pak en ry terug. Soos jy sê, 'n mens spits maar die aandag op volgende keer.
Baie dankie vir die deel AB.
-
daai 4 de foto van bo met die versamelnes, staan langs die vuurmaaklpek en dis die vuur se lig wat die boom so van onder verlig het.
-
Dit is pragtig. Ek is ook mal oor die eerste een met die sterrenag op die agtergrond.
-
ek het die eerste foto se boom met my kopflits belig.
toe belig ek dieslefde boom met die kopflits se rooi lig en dit lyk toe so
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/Badsberg%20jag%202013/a02rooiboom_zps8deb775b.jpg) (http://s212.photobucket.com/user/ABRossouw/media/Badsberg%20jag%202013/a02rooiboom_zps8deb775b.jpg.html)
-
Wow, 'n mens kan toor met 'n kamera. My ou karretjie is kanariegeel en elke keer as die sekuriteitskameras dit afneem is dit 'n ander kleur, hang maar af van die tyd van die dag of nag en watter ligte daarop skyn.
-
Jy kan met reg trots wees op jou nagfotos mater en dit geld vir elke foto wat ek tot dusver gesien het. Jy kan gerus 'n kyk-en-luister genot saamstel uit julle ervarings.
-
wat meen jy nou met kyk en luister? so iets soos 'n foto sessie met moviemaker?