Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on August 10, 2013, 08:15:13 AM

Title: Wag...
Post by: Angelica on August 10, 2013, 08:15:13 AM
Onverhoeds
soek ek in die swart van die nag
na die sag in jou oë
vir die kraak van jou stem
hou ek my asem op
vir ouhout wat breek
as jy my naam fluister
betrap ek frekwensies
van jou hart se sê
in die wyer as wyd van die nag
Jy is my laatnag
my ligdag
rondom my waar ek wag…
in die lig van die maan
wat slank deur die gordyne
oor my val
en my verbeel

en my verbeel…

©Elsabè
Title: Re: Wag...
Post by: Naas on August 10, 2013, 08:27:01 AM
Dis uitsonderlike verbeel/verlang in woord geklee.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wag...
Post by: Angelica on August 10, 2013, 09:06:31 AM
Dankie, Naas.
Title: Re: Wag...
Post by: PM on August 10, 2013, 09:33:05 AM
Ek lief dit Ella.  Dit is so mooi geskryf.  "ouhout wat breek" ek hoor die geluid en sien die beelde duidelik.   :notworthy:
Title: Re: Wag...
Post by: Louis on August 10, 2013, 03:19:45 PM
pragtig!!
jou 'muse' is nogal aan die gang!
Title: Re: Wag...
Post by: Angelica on August 10, 2013, 05:55:08 PM
Dankie PM en Lewies...
My muse het net 'n vliegspatseltjie gelos en is weer vort.  Tsk.
Title: Re: Wag...
Post by: PM on August 11, 2013, 06:04:18 AM
Soos ek gesê het, ek hoop julle spaar solank vir boek drie.  Dit lê net voor die deur.