Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => JeannedArc se plek => Topic started by: Jeannedarc on June 01, 2011, 02:11:21 PM
		
			
			- 
				Woorde, fluisterend; uitgebasuin
 Magtig soos ‘die swaard
 Kragtig; ‘n megaton bom
 
 Woorde, geklee in simpatie
 Skerper as die skerpste kris
 Swiepend soos die dunste rapier
 
 Woorde, toegedraai in vriendskapskleed
 Ploffend soos handgranate
 Ruk die siel aan flarde
 
 Woorde, verskans in ‘n claymore
 Striemende missiele, kletterend
 Van die woordeboek geweer
 
 Woorde, versier met die heuning van liefde
 Afgevuur, gelanseer
 Tref sekuur, telkemaal ‘n kolskoot
 
 Woorde,  fluisterend; uitgebasuin
 Skepper van slagting sonder bloed
 Van dood sonder lyke
 
- 
				Dis regtig mooi, ek hou hier van. Dan nog so waar ook!
 
 :angel12:
- 
				Woorde,  skel en fel!  Wow,  jy het goed oorlog gevoer hier met die gedig Natalie.  Dit is baie goed geskryf.