Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on July 31, 2013, 02:27:26 PM

Title: Leeskringpraatjie
Post by: adele on July 31, 2013, 02:27:26 PM
verlede jaar is ek gevra om by die Leeskring oor Gedigte te gaan praat .... duhhhh, dit was erg, ek het geen idee gehad waar om te begin of op te hou nie en het toe maar by die begin begin nl, in die oertyd ... oudste gedigte wat te vinde is meer as 2000 VC.
dit was sooo interessant, baaaie meer as vandag se literere akademici wat ons so afkraak, se werke en geskiedenis.
daarvandaan het ek gaan draai by oorloe' en gerugte van oorloe', godsdienstige gedigte en tussenin het ek gedigte van my en baie ander voorgelees.

en maandag het ek dieselfde resep gebruik, net meer uit die oer-engelse digkuns en toe deurgewerk na strukture toe [lento, haiku, sonette en nonette ens] en toe humor ingebring deur limericke ens te verduidelik en voor te lees.

en dis nie vir baie mense nie, net so 8 0f 10 tannies want die Leeskring trek nie nuwe mense nie en die afgelope drie jaar is 'n hele paar ou mense in die dorp al overleden.

ek het elke keer 'n hele uur gepraat en sommer net opgehou want my papiere het toe nog 'n hele boel inligting gehad.

 :grommit: 
Title: Re: Leeskringpraatjie
Post by: Fransi on July 31, 2013, 03:50:33 PM
Ek sou dit nou baie geniet het. :-)
Title: Re: Leeskringpraatjie
Post by: Angelica on July 31, 2013, 07:10:13 PM
Klink lekker.
Hoop julle het ook tee gedrink.
Title: Re: Leeskringpraatjie
Post by: adele on August 03, 2013, 09:18:43 PM
dankie julle, ja, tee / koffie en kolwyntjies daarby geniet. ek het my jongste saamgesleep ... hy het 'n paar gedigte voorgelees ... om my kans te gee om my volgende bladsy reg te kry ... en hy het die eetgoed geniet en die ou tannies 'like' mos as iemand hulle gebak verorber

 :grommit: 
Title: Re: Leeskringpraatjie
Post by: Angelica on August 04, 2013, 03:16:23 PM
 :toothy4:  Alte lekker.
Title: Re: Leeskringpraatjie
Post by: PM on August 05, 2013, 03:22:15 PM
Ek is baie bly dit het so goed afgeloop Adéle.  Dit sou heerlik wees om saam met julle te kon kuier.