Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on July 29, 2013, 10:06:20 AM
-
Gemmer is heerlik in amper enige dis, maar is daar enige ander tipe gebruik vir gemmer?
Kom deel jou resepte/wenke.
Kom ons praat GEMMER :toothy4:
-
Vir my is gemmer 'n ryk, aardse geur, so ek gebruik die olie in sepe, kerse ens. wanneer ek op my basiese behoeftes wil konsentreer. Gemmer en heuning werk ook baie goed met verkoues en griep.
-
Gemmer is my gunsteling onder gunstelinge.
Dit werk soos 'n bom teen naarheid. Nie net bewegingsiekte se naarheid nie, maar enige naarheid. Gemmerstukke, -lekkergoed, -koekies, -bier, jy noem dit en dit werk.
Teen sinus is dit 'n goeie teenvoeter.
Gemmertee is my beste "winterbuddy".
Gemmer ek lief jou! :love7:
-
Ek weet net gemmer is goed vir poeding en koekies en lekkers en dinge.
Saam met heuning is dit heerlik om 'n seer keel te he en dan die mengsel te sluk.
-
Gemmer is baie goed vir die spysverteringstelsel. Dit vermeerder die spoeg in jou mond sowel as spysverteringssappe.
Of jy nou naarheid ervaar van 'n omgekrapte maag, swangerskap, bewegingsiekte of chemoterapie, gemmer sal dit hokslaan. Die gemmer gaan dadelik na die maag om die probleem op te los, in stede daarvan om 'n boodskap na die brein te stuur wat die naarheid "blok", soos ander medisyne.
Gemmer is uitstekend vir ons immuniteitstelsels. Dit verwarm die liggaam en laat ons sweet. Die sweetkliere skei 'n produk af wat die vel teen infeksie beskerm.
Dit is ook uitmuntend teen inflammasie en help om die swelsel om die geaffekteerde ledemate te laat afneem. Mense met osteoartritis en ander soorgelyke toestande, vind baie baat uit die gebruik van gemmer.
Almal ken die heerlikste spesery wat ons gemmer noem. Ek lief dit om die skilletjie met my nael af te krap en sonder ophou daaraan te ruik.
Daar word vertel dat Koningin Elizabeth die eerste, die gemmerbroodmannetjie die lig laat sien het.
-
Nee Engeltjie man. Ek loop tans met 'n dinosaurus van 'n seer keel en dis alles behalwe heerlik.
My vrou se dit sal beter raak as ek ophou om geroeste skeermeslemmetjies te sluk maar dis al manier wat ek die keel binne gekrap kry.
:icon_bigsmurf: